7 maande ná die afskop van ons Graad 4 SKI-Klas, kyk ons terug en gesels met twee ouers, Ruth Geuyer en Sharon Strydom, oor hoe hierdie klas hulle kinders se lewens verander het. Opvoedkundige sielkundige Erika Basson en SKI-Klas juffrou Chantelle Liebenberg deel ook hul insigte oor hierdie unieke leeromgewing.