LAERSKOOL LOUW GELDENHUYS IS
Die Louwtjies
Ons is ‘n trotse waarde-gebaseerde Afrikaans skool in Linden, Johannesburg. By Laerskool Louw Geldenhuys streef ons om die beste vir ons skoliere te bied. Ons gee aan al ons leerders die geleentheid om hulle verwagtinge te verwesenlik. Ons skoliere word deel aan die Louwtjie tradisies, geskiedenis en geboue, gevestig oor meer as ‘n eeu. Ons is ‘n skool wat betrokkenheid van ouers en die gemeenskap aanmoedig. Kom sluit aan by hierdie gelukkige, uitmuntende skool binne ‘n gevestigde gemeenskap.
BOODSKAP VAN
Die Hoof
As hoof, is dit my wens om ʼn skool daar te stel, waar elke kind in die oggend skool toe wil hardloop. Om dit reg te kry moet ons ʼn tuiste vir elke kind skep. Dit is vir my belangrik dat elke kind tuis en geborge moet voel.
Ons kinders word geken daaraan dat hulle graag kaalvoet loop. As oorspronklike “kaalvoet” skool, gebruik ons hierdie gesegde as ʼn metafoor vir ouderdomsspesifieke ontwikkeling. Die regte blootstelling, op die regte tyd.
Aangesien personeelontwikkeling vir ons een van die topprioriteite is, verseker ons dat die nuutste tendense en navorsing deel raak van ons metodologie. Hierdie bemagtiging verseker optimale ontwikkeling vir ons grootste bate, ons kinders.
Mnr. Martin Bensch