ONTWIKKEL skolastiese vaardighede
Leergeleenthede
vir Leerders

Wie is Link-Lab?
Link-Lab is ‘n lees- & wiskundesentrum wat die skakel bied tussen verskeie boublokke wat saamwerk om ‘n kind te help om hul volle potensiaal te bereik. Ons volg ‘n holistiese benadering wat fokus op al die aspekte van ‘n kind se ontwikkeling, nie net akademiese prestasie nie.
Ons logo illustreer die essensie van ons naam. Dit toon drie legkaartstukke wat aanmekaar gekoppel is in die vorm van ‘n hart. Die eerste twee legkaartstukke verteenwoordig die akademiese kant van ons werk. Ons bied lees- en wiskunde-ondersteuning aan vir kinders van alle ouderdomme en vlakke. Hierdie basiese vaardighede is noodsaaklik om suksesvol te wees in alle areas van die lewe. Die derde legkaartstuk verteenwoordig die passie, omgee, en liefde van die Link-Lab span.
Ons is entoesiasties oor die werk wat ons doen en glo daarin om ‘n veilige en ondersteunende omgewing te skep vir die kinders wat ons help. Ons wil hulle aanmoedig om hul drome na te jaag en hulself ten volle te ontwikkel.

SKOLASTIESE VAARDIGHEDE
Leesvaardighede
Leesvaardighede vorm die kern van leervaardighede – ‘n kind moet kan lees om te kan leer. Ons wil kinders graag toerus met die tegnieke en vaardighede om die wêreld van kennis met gemak te kan betree. Goeie leesvaardighede is ondersteunend tot ‘n kind se skolastiese vaardighede in alle vakke en kan bydra tot positiewe selfvertroue.
Die program vir Gr.R leerders skop in Mei maand af en fokus onder meer op boublokke tot lees – letter en klankherkenning, klanksamevoegings en later sigwoordherkenning.
Gr.1 – Gr.12 leerders se program is deurlopend in die jaar en behels die ontwikkeling van leestegnieke – toegepas op gestandaardiseerde leesstukke en begripstoetse vir elke graad. Die program behels verskeie funksies wat fokus op die verbetering van Afrikaans en Engels in leesbegrip; verhoogde leesspoed wat werkstempo in die klas kan ondersteun; spelreëls en verskeie taalreëls. Die program kan dus aangepas word by elke leerder se spesifieke behoefte.
Die program sluit ook die aanbieding van Mind Moves® in; asook visuele en ouditiewe geheue-oefeninge.