ONTMOET

Jou Juffrou

Annelle Vorster

GRAADHOOF
Graad 1|2

e: anelle@llg.co.za

Lilian Jacobs

Graad 1|1
VAKHOOF: AFR

e: lilian@llg.co.za

Mariska van der Walt

GRAAD 1|3

e: mariska@llg.co.za

Minette Lynch

Graad 1|4

e: minette@llg.co.za

GRAAD 1 INSKRYWINGS

GDO Aanlynaansoeke

Begin julle Louwtjie-reis hier!

Baie dankie dat julle Laerskool Louw Geldenhuys as moontlike skool vir julle kind oorweeg.

Alle Graad 1-aansoeke vir openbare skole in Gauteng word deur die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se aanlyn toelatingsstelsel hanteer. Hieronder verduidelik ons stap vir stap hoe die proses werk en hoe ons julle kan ondersteun.

Belangrik: Die GDO bestuur die volledige aanlyn toelatings- en plasingsproses. Laerskool Louw Geldenhuys kan nie plasings maak of die status van ‘n aansoek verander nie.


Stap 1

Wag vir die GDO-stelsel om te open

Die GDO maak die aanlyn toelatingsportaal jaarliks vir ‘n beperkte tydperk oop.

Sodra die stelsel open, kan ouers:

✔ Skep ‘n GDO-profiel
✔ Dien hul Graad 1-aansoek aanlyn in
✔ Kies die skole waarvoor hulle wil aansoek doen

Belangrik: Gebruik dieselfde selfoonnommer deur die hele proses. Die GDO gebruik hierdie nommer om met julle te kommunikeer en stuur alle belangrike SMS’e, insluitend jul WA-verwysingsnommer, statusopdaterings en uiteindelike plasing.


Stap 2

Berei julle dokumentasie vooraf voor

Moenie wag totdat die aanlyn stelsel open voordat julle begin dokumente bymekaar maak nie.

Alle dokumente moet:

✔ Gesertifiseer wees
✔ Nie ouer as 3 maande wees nie

Indien julle nog nie gesertifiseerde afskrifte het nie, kan dit by die skool gedoen word, mits die oorspronklike dokumente saamgebring word.

Benodigde dokumentasie

Leerder
  • Geboortesertifikaat
  • Inentingskaart
Ouers / Voogde
  • ID van Ouer/Voog 1
  • ID van Ouer/Voog 2
Bewys van woonadres

Huiseienaars

  • Munisipale rekening in die naam van die ouer/voog met die volledige woonadres (nie ouer as 3 maande nie).

Huurders

  • Munisipale rekening in die naam van die eienaar
  • Geldige huurkontrak, onderteken deur huurder en verhuurder
  • Afskrif van die eienaar se ID
  • Bewys van huurbetaling met die fisiese woonadres (nie ouer as 3 maande nie)

Werksadres

  • Indien julle op ‘n werksadres aansoek doen verskaf ‘n bewys van die werksadres.

Stap 3

Laai dokumente op en handig dit by die skool in

Nadat die aanlynaansoek voltooi is:

  1. Julle ontvang ‘n WA-verwysingsnommer per SMS vanaf die GDO. Hou hierdie nommer veilig.
  2. Laai die gesertifiseerde dokumentasie op die GDO-portaal op.
  3. Handig dieselfde dokumentasie saam met die Laerskool Louw Geldenhuys Registrasievorm by die skool in.

📍 Inhandigingspunt: Die Glaskantoor.

Wanneer julle die dokumente inhandig:

✔ Julle teken ‘n register.
✔ Julle ontvang ‘n strokie as bewys van inhandiging.

Die skool verifieer daarna die dokumentasie op die GDO-stelsel. Julle sal ‘n SMS ontvang wat bevestig dat:

  • die dokumentasie suksesvol geverifieer is; of
  • daar nog dokumentasie uitstaande is.

Alle uitstaande dokumentasie moet binne die tydperk wat deur die GDO voorgeskryf word, ingehandig word.


Stap 4

Volg julle aansoek

Nadat die GDO begin om aansoeke te verwerk, kan julle die status van die aansoek enige tyd op julle GDO-profiel volg. Die GDO stuur ook belangrike kennisgewings en plasings per SMS. Hou dus die selfoonnommer waarmee julle geregistreer het, aktief.

Hoe word leerders geplaas?

Die GDO plaas leerders volgens die volgende prioriteitsvolgorde:

  1. Huisadres binne die skool se voedingsgebied.
  2. Broers of susters wat reeds die skool bywoon.
  3. Werksadres binne die skool se voedingsgebied.
  4. Huisadres binne 30 km van die skool.
  5. Huisadres buite 30 km van die skool.

Stap 5

Ontvang en aanvaar julle plasing

Wanneer die GDO die plasings finaliseer, ontvang julle ‘n SMS met die plasingsaanbod.

✔ Meld aan op julle GDO-profiel om die plasing te besigtig.
✔ Aanvaar of wys die aanbod af binne die tydperk wat deur die GDO aangedui word.

Sodra die plasing aanvaar is, sal Laerskool Louw Geldenhuys met julle kommunikeer oor die volgende stappe rakende julle kind se toelating.


Belangrike skakel

GDO Aanlyn Toelatingsportaal

👉 https://www.gdeadmissions.gov.za/

Gebruik die portaal om:

  • ‘n profiel te skep;
  • julle aanlyn aansoek in te dien;
  • dokumentasie op te laai;
  • die status van julle aansoek te volg; en
  • julle plasing te aanvaar.

Het julle hulp nodig?

Indien julle enige vrae het of ondersteuning benodig met die GDO-aanlynproses of dokumentasie, kontak ons gerus. Ons help graag waar ons kan en sien daarna uit om julle by die Louwtjie-familie te verwelkom.

Ons sien daarna uit om julle en julle kind by die Louwtjie-familie te verwelkom!

Vir meer inligting kan u ons e-pos of skakel: Tanya Grobler (leerderaangeleenthede) epos • 011 782 5442.