Sport
Louwtjies Sport
Laerskool Louw Geldenhuys bied ‘n dinamiese en opwindende buitemuurse sportprogram aan! By ons skool is ons vasbeslote om ‘n aktiewe en gesonde leefstyl te bevorder, en ons bied ‘n wye verskeidenheid sportgeleenthede vir ons leerders om te geniet en hul vaardighede te ontwikkel. Ons sportprogram omvat ‘n indrukwekkende reeks aktiwiteite wat almal se smaak en belangstellings dek.
Ons bied ‘n verskeidenheid tradisionele sportsoorte aan, soos atletiek, krieket, landloop, swem, hokkie, rugby en netbal, wat ons leerders die geleentheid bied om hul liggame te versterk, spanwerk te leer en saam te werk om doelwitte te bereik. Ons glo ook in die bevordering van denkvaardighede en strategie en bied daarom skaak aan as ‘n uitstekende opsie vir ons intellektueel ingestelde leerders.
Atletiek
Atletiek se doelwitte is die skep van optimale geleenthede en doelgerigte afrigting. Naellope, velditems en langafstand-items word afgerig.
Organiseerder:
Me. Leana du Toit
leana@llg.co.za
Mnr. Jan van der Merwe
jan@llg.co.za
Wanneer: Kwartaal 1
Oefentye:
o/6:
Gedurende skooltye
o/7 – o/9:
Gedurende skooltye
o/10 – 0/13:
x
Kleredrag:
LLG atletiekbroek en atletiekhemp
Krieket
Organiseerder:
Mnr. Philip Voigt
philip@llg.co.za
Wanneer: Kwartaal 3
Oefentye:
o/6 en o/7:
Ma – Wo 13:10 – 14:00
o/8 – o/10:
Di: 14:00-15:00
o/11,
1ste- en 2de span:
Wo en Do 15:00-16:00
Kleredrag:
Oefeninge:
Gemaklike klere
Wedstryde:
Wit kortbroek, wit krieketkouse, KDA hemp
Landloop
Organiseerder:
Mnr. Jan van der Merwe
jan@llg.co.za
Wanneer:
Kwartaal 3
Oefentye:
o/7 – o/13
Ma – Wo: 15:15 – 16:15
Kleredrag:
LLG kort oefenbroek en atletiekhempie
Swem
Laerskool Louw Geldenhuys bied jaarliks ‘n interhuiskompetisie aan. Kontak kantoor vir meer inligting.
Organiseerder:
Me. Chris-Zelda
chris-zelda@llg.co.za
Wanneer:
Kwartaal 1 (einde)
Hokkie
Hokkie word as ‘n klubsport aangebied vir seuns en dogters. Volveldhokkie word aangebied vir Gr. 6- en 7-dogters en Gr. 7-seuns. Elke speler betaal ‘n klubfooi wat alle koste dek.
Organiseerder:
Me. Aldiné Swanepoel
aldine@llg.co.za
Wanneer: Kwartaal 3
Oefentye:
o/6 – o/9
x
o/10 – o/11
x
o/12 – o/13
Kleredrag:
Oefeninge:
Gemaklike oefenklere
Wedstryde:
KDA hemp en broek
Rugby
Organiseerder:
Mnr. Francois Putter
francois@llg.co.za
Wanneer:
Kwartaal 1 (einde)
en Kwartaal 2
Oefentye:
o/6 – o/9:
Verwys na Mini Rugby
o/10 – o/11
Ma – Wo 14:15 – 15:00
o/12 – o/13
Ma – Wo 14:15 – 15:30
Kleredrag:
Oefeninge:
Gemaklike oefenklere
Wedstryde:
KDA hemp
Netbal
Die netbal afrigters wil liefde vir die sport by leerders kweek, balvaardighede vaslê en spelers help om die dissipline van ‘n spansport aan te kweek.
Organiseerder:
Me. Delize Jordaan
delize@llg.co.za
Wanneer:
Kwartaal 1 (einde)
en Kwartaal 2
Oefentye:
o/6 – o/9:
Verwys na Mini Netbal
o/10 – o/11
Ma – Wo 14:15 – 15:00
o/12 – o/13
Ma – Wo 14:15 – 15:30
Kleredrag:
Oefeninge:
Gemaklike oefenklere
Wedstryde:
KDA hemp en netbalrompie
Skaak
Skaak leer jou om te konsentreer, vooruit te dink en te beplan, om logies te redeneer en om besluite te neem. Ons skaak klasse is baie populér en die kinders geniet dit baie.
Organiseerder:
Me. Anléh van der Merwe
anleh@llg.co.za
Ontwikkelling:
Me. Anléh van der Merwe
anleh@llg.co.za
Oefentye:
Donderdagmiddae
13:00-13:45
(beginner groep)
13:00-14:00
(middel groep)
13:50-15:00
(senior groep)
BETAALDE SPORT AKTIWITEITE
Betaalde Sport
Vir diegene wat ‘n bietjie meer gevorderde vaardighede wil ontwikkel, bied ons ook ekstra betaalde sportaktiwiteite soos gholf, krieketakademie, netbalakademie, Ruggakids en tennis aan. Hierdie geleenthede stel ons leerders in staat om hul passie vir sport na ‘n hoër vlak te neem en deur ervaring en professionele begeleiding hul vaardighede verder te ontwikkel. Ons nooi al ons leerders uit om deel te neem aan hierdie fantastiese reis van selfontdekking, spanbou en persoonlike groei terwyl ons hul talent ontwikkel en ‘n liefde vir sport aanwakker wat hulle vir die res van hul lewens sal bybly.
Vir meer inligting oor enige van hierdie aktiwiteite kan die skool geskakel word.
Gholf
By die gholflesse word Louwtjies bekendgestel aan gholf as sport.
Lesse vind op Donderdae plaas, en die kinders geniet dit vreeslik.
Krieket Akademie
Die Krieket Akademie word op die skoolgronde aangebied.
Gee kinders meer kennis oor krieket as sport.
Netbal Akademie
Twee geleenthede word vir netbal-entoesiaste aangebied:
– Netbal Akademie
– Nett Girlies Mini Netbal
Rugga Kids
Rugga Kids word vir Gr. R- en 1-leerders aangebied om ‘n liefde vir rugby te kweek en basiese vaardighede aan te leer.
Dis interaktief en baie pret vir die kleintjies. Oefeninge vind plaas op Woensdae.
Tennis
Alhoewel tennis ‘n amptelike skoolsport is, word daar van ouers verwag om te betaal vir deelname aangesien professionele afrigters gebruik word. Die tennispersoneel het ten doel om tennisspelers se potensiaal te ontwikkel en aan hulle die nodige blootstelling te gee.
Daar is drie tennisgroepe, naamlik minitennis, junior tennis en senior tennis.