VIND MEER UIT OOR ons
SKI-klas
SENTRUM VIR KURRIKULêRE INTEGRASIE
SKI-Klas
Laerskool Louw Geldenhuys verstaan dat elke kind uniek is en hul eie manier van leer het. Daarom het ons met trots ons SKI-Klas vir Graad 4 bekendgestel – ‘n ondersteunende leeromgewing vir leerders met ‘n bogemiddelde IK, maar wat sensoriese- en leerhindernisse ervaar.
Met ‘n klein klasgrootte van hoogstens 15 leerders, verseker ons dat elke kind die individuele aandag en leiding kry wat hulle nodig het om hul volle potensiaal te bereik.
Hoe ondersteun ons jou kind?
- Gespesialiseerde Ondersteuning – Ons toegewyde onderwyser werk in noue samewerking met Opvoedkundige Sielkundiges en Arbeidsterapeute om jou kind se unieke leerbehoeftes te akkommodeer.
- Geïntegreerde Tegnologie – Moderne tegnologie word in die klaskamer gebruik om leer te vergemaklik en selfstandigheid te bevorder.
- Individuele Aandag – Deur ‘n klein groepie leerders te onderrig, kan ons ‘n persoonlike benadering volg en fokus op holistiese ontwikkeling.
- Gebalanseerde Leeromgewing – Ons kombineer akademiese ondersteuning met strategiese intervensies om leerders se selfvertroue, sosiale vaardighede en akademiese prestasie te verbeter.
Hier by die SKI-Klas help ons leerders om uitdagings te oorkom en suksesvol aan die skoolkurrikulum deel te neem – alles binne ‘n omgewing waar hulle veilig, verstaan en aangemoedig voel.
Skakel ons gerus vir ‘n gesprek oor hoe ons jou kind se leerreis kan ondersteun!


