VIND MEER UIT OOR ONS

SKI-Klas

Die Sentrum vir Kurrikulum Integrasie (SKI) word daargestel vir Graad 4, 5 & 6 leerders met akademiese potensiaal wat steeds kan baat vind in die akademiese hoofstroom. Die sentrum se doelwit is herintegrasie van leerders met hulp en ondersteuning van gespesialiseerde personeel en tegnologie, waar die omgewing bydra tot die ontwikkeling van leerders se vaardighede. Alhoewel ʼn gedifferensieerde kurrikulum aangebied word, is die inhoud en assessering dieselfde as vir die leerders in die res van die graad.

Die grootte van die klas is krities tot optimale leer en individuele aandag en word beperk tot ‘n maksimum 15 leerders.

Leerders in die klas geniet steeds die volle ervaring van skool deur blootstelling aan ʼn wye verskeidenheid van buitekurrikulêre aktiwiteite. U kind word aangemoedig om betrokke te raak by sport, kultuur en ouderdomsgepaste sosialisering.

Hoe ondersteun ons jou kind?

  • Gespesialiseerde Ondersteuning – Ons toegewyde onderwyser werk in noue samewerking met Opvoedkundige Sielkundiges en Arbeidsterapeute om jou kind se unieke leerbehoeftes te akkommodeer.
  • Geïntegreerde Tegnologie – Moderne tegnologie word in die klaskamer gebruik om leer te vergemaklik en selfstandigheid te bevorder.
  • Individuele Aandag – Deur ‘n klein groepie leerders te onderrig, kan ons ‘n persoonlike benadering volg en fokus op holistiese ontwikkeling.
  • Gebalanseerde Leeromgewing – Ons kombineer akademiese ondersteuning met strategiese intervensies om leerders se selfvertroue, sosiale vaardighede en akademiese prestasie te verbeter.

Hier by die SKI-Klas help ons leerders om uitdagings te oorkom en suksesvol aan die skoolkurrikulum deel te neem – alles binne ‘n omgewing waar hulle veilig, verstaan en aangemoedig voel.

Skakel ons gerus vir ‘n gesprek oor hoe ons jou kind se leerreis kan ondersteun! Lees die gewilde vrae wat ouers het in verband met die SKI-Klas hier.

Hoe werk die aansoek- en keuringsproses?

‘n Paneel, bestaande uit verskeie deskundiges, is deur die LLG Beheerliggaam aangestel om aansoeke vir die SKI-klas te verwerk en die kandidate te keur vir toelating na die SKI-Klas. Daar is sekere vereistes waarin kandidate moet voldoen soos, mees belangrik, ‘n aanbeveling van ‘n arbeidsterapeut of opvoedkundige sielkundige. Indien u aansoek suksesvol is, sal ons u in kennis stel. Daarna moet die SKI-Klas Skoolfondsonderneming vir 2027 onderteken word.

Suksesvolle kandidate sal per e-pos gekontak word en ontvang dan die amptelike SKI-Klas inskrywingsvorm vir 2026.

Vir enige navrae, kontak gerus tina@llg.co.za.

Aansoekproses:

Gebruik hierdie skakel om die aanlyn aansoekvorm in te vul. Sodra jy die vorm gestuur het, sal jy ‘n e-pos ontvang met ‘n uitnodiging om jou aanlyn profiel te skep.

Hierdie profiel gee jou toegang tot jou Aansoek “dashboard”. In jou “dashboard” sal jy aan die regterkant sal jy maklik jou dokumente kan oplaai en daar is ‘n duidelike kontrolelys aan die linkerkant om jou te herinner wat ons alles benodig.

Die dokumente wat ons benodig:

  • ID-dokumente van beide ouers/voogde
  • Geboortesertifikaat van die leerder
  • Bewys van woonadres
  • Volledige opvoedkundige sielkundige assesseringsverslag (nie ouer as 2 jaar nie)
  • Enige ander relevante, soos arbeids- of spraakterapeute verslae.

Onthou asb. as jou kind reeds in die SKI-klas is dat julle nie weer hoef aansoek te doen nie. Sodra die 2027 SKI-Klas Inskrywingsvorm, beskikbaar is in Oktober, sal julle hom voltooi en stuur aan tina@llg.co.za.

Leerders van ander skole mag ook aansoek doen vir toegang tot hierdie klas maar leerders van Louwtjies sal voorkeur geniet. Die aansoekproses sal nie die normale toelating tot LLG beïnvloed nie, maar is slegs van toepassing op die SKI-Klas.

Luister die potgooi deur op die titel te klik.

SKI-Klas Ouergesprek

Julie 25, 2025|0 Comments

7 maande ná die afskop van ons Graad 4 SKI-Klas, kyk ons terug en gesels met twee ouers, Ruth Geuyer en Sharon Strydom, oor hoe hierdie klas hulle kinders se lewens verander het. Opvoedkundige sielkundige Erika Basson en SKI-Klas juffrou Chantelle Liebenberg deel ook hul insigte oor hierdie unieke leeromgewing. Luister nou