Graad R & Graad 1
Nuwe Inskrywings
2026 AANSOEKE
Die inskrywingsproses by Laerskool Louw Geldenhuys is persoonlik, deursigtig en gefokus op die beste belang van elke kind. Ouers word eerstens genooi om ’n afspraak met die skoolhoof te maak vir ’n geselsie oor hul kind se behoeftes, belangstellings en ontwikkeling. Tydens hierdie besoek kry ouers ook die geleentheid om op ’n toer deur die skool geneem te word en ons omgewing, fasiliteite en kultuur eerstehands te ervaar. Ná die gesprek kan die inskrywingsvorm maklik afgelaai en digitaal voltooi word, of ouers kan ’n hardekopie by die hoof of ontvangs afhaal om per hand in te vul. Ons sien die inskrywingsproses as die begin van ’n vennootskap tussen skool en ouers, met die doel om elke leerder optimaal te laat groei en floreer.







