Graad R & 1 Buitemuurs
Buitemuurse Aktiwiteite
Louwtjies bied ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite aan om jonger leerders ‘n groot blootstelling te gee aan die verskillende sporte.
Mini Netbal
Die netbal afrigters wil liefde vir die sport by leerders kweek, balvaardighede vaslê en spelers help om die dissipline van ‘n spansport aan te kweek.
Organiseerder:
Me. Anelle Vorster
anelle@llg.co.za
Mini Krieket
Ontwikkeling, groei en krieket-etiket word aangewakker.
Organiseerder:
Mnr. Philip Voigt
philip@llg.co.za
Mini Hokkie
Hokkie word as ‘n klubsport aangebied vir seuns en dogters. Volveldhokkie word aangebied vir Gr. 6- en 7-dogters en Gr. 7-seuns. Elke speler betaal ‘n klubfooi wat alle koste dek.
Organiseerder:
Me. Aldiné Swanepoel
aldine@llg.co.za
Welpie Rugby
Louwtjies-rugby het ten doel om elke speler tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Alle rugbyspelers kry dus ‘n gelyke kans om mee te ding en sy skool in rugby te verteenwoordig.
Organiseerder:
Mnr. Chris Smith
sport@llg.co.za
Skaak
Skaak leer jou om te konsentreer, vooruit te dink en te beplan, om logies te redeneer en om besluite te neem. Ons skaak klasse is baie populér en die kinders geniet dit baie.
Organiseerder:
Me. Anléh van der Merwe
anleh@llg.co.za
LOUWTJIES BIED OOK DIE VOLGENDE BETAALDE
Buitemuurse Aktiwiteite
Louwtjies bied ‘n verskeidenheid betaalde buitemuurse aktiwiteite aan vir Graad R en Graad 1 leerders. Vir meer inligting
oor enige van hierdie aktiwiteite kan die skool geskakel word.
Nett-Girlies
Twee geleenthede word vir netbal-entoesiaste aangebied:
– Netbal akademie en
– Nett Girlies Mini Netbal
Rugga-Kidz
Rugga Kids word vir Gr. R- en 1-leerders aangebied om ‘n liefde vir rugby te kweek en basiese vaardighede aan te leer.
Dis interaktief en baie pret vir die kleinties. Oefeninge vind plaas op Woensdae.
Teddy Tennis
Alhoewel tennis ‘n amptelike skoolsport is, word daar van ouers verwag om te betaal vir deelname aangesien professionele afrigters gebruik word. Die tennispersoneel het ten doel om tennisspelers se potensiaal te ontwikkel en aan hulle die nodige blootstelling te gee.
Daar is drie tennisgroepe, naamlik minitennis, junior tennis en senior tennis.
Ballet
Ballet bevorder kreatiwiteit, musikaliteit en waardering vir dans as kunsvorm. Die fisiese vereistes van ballet versterk ook koördinasie, spiertonus en postuur. Die balletklasse word vir gr. R’e tot gr. 7’s in die middae aangebied.
Eksperi-maats
Experi-maats bied ‘n baie oulike instappie waar leerders leer deur eksperimente te doen.
Kuns
Kuns leer kinders om hul verbeelding op ‘n kreatiewe manier te gebruik en uit te beeld. Die aktiwiteite verbeter leerders se selfvertroue en selfbeeld op ‘n speelse manier. Die kunsklasse vind op Donderdae en Vrydae plaas by die skool.
Krieket Akademie
Die krieket akademie word op die skoolgronde aangebied.
Gee kinders meer kennis oor krieket as sport.
Musiek
Die Linden Musiekskool/Music School ontwikkel elke leerling se musikale talent na die beste van sy/haar vermoë. ‘n Liefde vir musiek word gekweek wat ‘n lewenslange vreugde gaan bied.
Individuele onderrig word in die volgende aangebied:
Blokfluit, Tromme, Harp, Houtblaasinstrumente, Keyboard, Kitaar, Koperblaasinstrumente, Klavier, Sang, Snaarinstrumente