GEWILDE VRAE WAT OUERS HET

FAQ’s

Graad R is die begin van die grondslagfase en vorm die grondslag van jou kind se verdere opleiding. Benewens die kurrikulum poog ons om te verseker dat kinders veilig voel, gelukkig is en so unieke klein mensies ontwikkel soos hulle deur speel leer. Ons daaglikse skedule sluit prettige leeraktiwiteite in om hul vaardighede en gereedheid te verbeter, terwyl hulle herinneringe vir die lewe maak.

Ja, die nuwe Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys bepaal dat skoolbywoning vanaf graad R verpligtend is en nie vanaf graad 1 nie.

In die hantering van 3- en 4-jarige en 5- en 6-jarige kinders het die onderwysers BY LOUWTJIES PREPRIMêR ‘n ander benadering. Ons verwagtinge van kinders verskil volgens hul ouderdomme en dit is uiters belangrik om ‘n program te verskaf wat by beide hul behoeftes en vermoëns pas. Dit is die boustene waarvan hul toekoms afhang.

Hoe doen ons dit?

  • Ons skep ‘n atmosfeer waar die kind emosioneel veilig voel en ‘n program wat gesonde fisiese groei en ontwikkeling fasiliteer.
  • Ons stimuleer intellektuele en kreatiewe vermoëns deur kuns, musiek, boeke, speletjies, legkaarte, belangstelling en natuurtafels.
  • Ons lei die kind in die hantering van sosiale verhoudings en bevorder die ontwikkeling van sosiale selfvertroue, leierskapsvaardighede en onafhanklikheid.
  • Ons help kinders om die kuns te bemeester om te deel, beurte te maak en om in samewerking met mekaar te verkeer.
  • Ons assesseer die kind se sterk- en swakpunte en formuleer individuele programme om elke kind se behoeftes aan te spreek.
  • Ons ontwikkel taalvaardighede (Engels, Afrikaans & Xhosa), getal- en wetenskapkonsepte om geletterdheid, syfervaardigheid en lewensvaardighede aan te moedig.
  • Besoek die Robindale Louwtjies webtuiste

LAERSKOOL LOUW GELDENHUYS MAAK VOORSIENING VIR KINDERS TUSSEN DIE OUDERDOMME VAN 4 EN 13 JAAR OUD.

• 3 WAT 4 JAAR OUD WORD GAAN NA GRAAD RRR by Robindale Louwtjies 

• 4 WAT 5 JAAR OUD WORD GAAN NA GRAAD RR by Robindale Louwtjies

• 5 WAT 6 JAAR OUD WORD, GAAN NA GRAAD R BY Laerskool Louw Geldenhuys

Vul asseblief die gepaste aansoekvorm in WAT JY HIERONDER KAN AFLAAI en stuur TERUG aan pos@llg.co.za

Graad R Inligting

Inskrywingsvorm 2026

Skoolgelde vir Gr. R tot Gr. 7 beloop huidiglik R30 910 en Kurrikulum Integrasie (SKI) klas beloop R46 200 per leerder per jaar. Indien u voor of op 24 Februarie 2026 ten volle betaal, word ‘n korting van R910 toegestaan en is die bedrag dus R30 000 vir Gr. R tot 7 en R45 290 vir die Kurrikulum Integrasie (SKI) klas. Lees meer

Ja ons bied naskoolfasiliteite vir alle leerders. Naskool is maandeliks vooruitbetaalbaar teen R1 170 per maand oor 11 maande vir geregistreerde naskoolleerders. R130 per dag sal gehef word per leerder wat nie geregistreer is nie, en daar is geen limiet.

Meer inligting

Registrasievorm

GEWILDE VRAE WAT OUERS HET

SKI-KLAS FAQ’s

Sentrum vir Kurrikulum Integrasie.

Kurrikulumintegrasie verwys na die praktyk om verskillende vakke of onderwerpe binne ‘n kurrikulum te verbind om ‘n meer holistiese en betekenisvolle leerervaring vir studente te skep.

Kinders wat oorweeg sal word, is leerders met ʼn gemiddelde tot bo-gemiddelde IK, soos getoets deur ʼn Opvoedkundige Sielkundige.

Hierdie leerders toon ‘n agterstand in sekere noodsaaklike vaardighede, en kan insluit, maar is nie beperk tot sensoriese disregulasie nie.

Angstige leerders wat nog nie gereed is vir die aanpassing en tempo van klasse wat wissel tussen verskillende vakke en/of onderwysers nie sal ook moontlik baatvind by dié klas.

Verder is daar leerders wat in Graad 3 geïdentifiseer word wat moontlik in die Intermediêre Fase sou baatvind by akademiese akkommodasies.

Akkommodasie is die spesiale toegewing wat die Onderwysdepartement toestaan aan leerders met spesifieke uitdagings tot assessering. Hierdie uitdagings moet ‘n werklike negatiewe impak op die leerder se vermoë hê om kennis weer te gee en nie net om akademiese resultate te verbeter nie.

Leerders word geïndentifiseer en ontvang goedkeuring om sekere aanpassings ten opsigte van hul assesserings hetsy; ekstra tyd, spelling, leser en/of skrywer.

 In samewerking met die skool, ouers en Opvoedkundige Sielkundiges voorsien ons die Departement met die nodige dokumentasie om aansoek te doen vir akkommodasie. Dié akkommodasie is tot voordeel van die leerder en beskikbaar tot in Graad 12. Daar moet in elke fase weer aansoek gedoen word vir goedkeuring.

Ja, daar is tydens die Algemene Jaarvergadering in Oktober 2025  ʼn resolusie goedgekeur dat ouers wie se kinders in die SKI-klas is, se skoolfonds R46 200 per jaar beloop. Die verskil tussen normale skoolfonds en skoolfonds van dié klas sal spesifiek aangewend word vir hierdie sentrum (volgens die diskressie van die LLG Beheerliggaam). ʼn Aparte SKI-klas Skoolfondsonderneming moet onderteken word deur die ouer/voog vir 2026. Die skoolfonds vir 2026 word hernu in Oktober 2026 na goedkeuring soos voorgelê op die Algemene Jaarvergadering 2025. 

As gevolg van die gebruik van tegnologie in die klas, sal ouers gevra word om ‘n tegnologiepakket deur die skool aan te koop. Alle toestelle moet dieselfde spesifikasies hê vir integrasie met die onderwyseres se stelsel.

Die eenmalige tegnologiefooi vir 2025 is R6 047.85 (BTW ingesluit)

Leerders in die SKI-klas sal nie wissel tussen verskillende klasse nie. Al die verskillende vakke sal in die klas deur die onderwyseres aangebied word. Dit stel die onderwyseres in staat om die werk gedifferensieerd aan te bied. Leerders sal die  geleentheid kry om spesifieke aandag te skenk aan sekere vaardighede wat nog ontwikkel moet word. Die onderwyseres is spesifiek opgelei en het ondervinding met leerders wat gefokusde individuele aandag nodig het – die kleiner klasgrootte dra ook daartoe by. Gespesialiseerde meubels, tegnologie en algemene atmosfeer dra by tot die milieu van die klas wat voordelig is vir die vaardigheidsontwikkeling van die leerders sonder onnodige druk en spanning.

Leerders sal  ʼn akademiese jaar voltooi, waartydens ʼn evaluasie voltooi sal word om te bepaal of die leerder kwalifiseer vir herintegrasie, al dan nie. Geleentheid sal geskep word vir leerders om deur die loop van die jaar te integreer by ander klasse indien hulle sou baat vind daarby.

Aangesien hierdie klas meer van tegnologie gebruik sal maak, sal daar van die ouers verwag word om die volgende items aan te koop deur die skool. Die spesifikasies en vereistes vir hierdie toerusting moet almal dieselfde wees aangesien die sagteware moet integreer met die LCD interaktiewe skerm wat deur die onderwyseres gebruik gaan word. ʼn Eenmalige tegnologiefooi beloop R6 047.85 (BTW ingesluit) per kind in 2025. Hierdie fooi sluit die volgende items in en kan verander in 2026:

  • TB328 M10 Lenovo Laptop teen R3 899 (BTW uitgesluit).
  • Logitech MK235 Wireless Combo teen R462 (BTW uitgesluit).
  • RT-UL-U3-TCA 3.0 Type C Adapter teen R99 (BTW uitgesluit).
  • RT-UL-HPBT03 Noise Cancelling Head Phones teen R799 (BTW uitgesluit).