Ons gesels met opvoedkundige sielkundige Erika Basson & Suzette Lamprecht ‘n spraakterapeut by die Habitat, oor hoe ouers saam met hulle kinders kan voorberei vir Graad R en Graad 1. Wenke soos dat ouers kan help om die kinders se vroeë leesvaardighede te bevorder deur hulle solank na stories te laat luister. Hulle moet 3-stap instruksies kan uitvoer so gee vir hulle takies om te doen by die huis. Spandeer familietyd saam sodat hulle ‘n platform het waar hulle kan vertel wat goed en sleg was in hulle dag.
Ons gesels met Charlene Cruickshank ‘n arbeidsterapeut by die Habitat en twee oud-Louwtjies van Hoërskool Linden, Pieter Greeff & Megan Cruickshank, wat ‘n navorsingstaak gedoen het oor hoe sport oordryf word by skole. Sportdeelname is baie belangrik en om verskillende sporte te probeer veral in die laerskool. Kinders moenie hulleself oorlaai met teveel aktiewe sporte nie maar moet ook sport vir die brein beoefen soos skaak.
Asseseringspanning met Erika Basson & Hennie Vorster. Hierdie praatjie handel oor die spanning wat by laerskool leerders en veral by Gr. 4’s met hulle eerste eksamen voorkom asook by die ouers oor hoe om hulle kinders te ondersteun. Hulle laerskoolpunte is nie die belangrikste nie maar die leervaardighede wat hulle moet begin aanleer om by daardie verlangde punte uit te kom is wat saakmaak.