LOUWTJIES PILAAR 1

Akademie

Louw Geldenhuys se akademie is van hoogstaande gehalte. Die skool bied al die voorgeskrewe leerareas wat verpligtend is, aan.

  • In die Grondslagfase is daar drie; Tale, Wiskunde en Lewensoriëntering.
  • By die Intermediêre Fase (Gr. 4-6) is daar ses vakke naamlik Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap & Tegnologie, Sosiale Wetenskap, Geskiedenis, Geografie en Lewensoriëntering wat bestaan uit KDA, Kuns en Kultuur asook PSW.
  • By die Seniorfase (Gr. 7) is daar agt leerareas naamlik Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, Sosiale Wetenskap, Tegnologie, Ekonomiese Bestuurswetenskap, Kuns & Kultuur en Lewensvaardigheid.
  • Afrikaans is die voertaal van die skool en Engels word in Graad 4-7 as eerste addisionele Taal aangebied.
  • Gedurende die jaar word daar vanaf Graad R tot Graad 7 gestandardiseerde toetse afgelê om ons standaard te meet.
  • In die Intersenfase word daar kwartaalliks ‘n toetsreeks geskryf om ook goeie leergewoontes by leerders aan te kweek.
  • Twee maal per jaar in Junie en November word daar ‘n formele assessering afgelê. En vanaf Gr. R tot Gr. 7 word daar gebruik gemaak van deurlopende assessering.
  • Daar word ook klem gelê op tegnologiese ontwikkeling. Klasse vanaf Gr. 1-5 ontvang Robotika en Koderingsopleiding.
  • Die kind word holisties opgevoed en daarom word die liggaamlike ontwikkeling ook aangespreek. Die skool bied die KDA-Program aan waar liggaamlike vermoëns ontwikkel word.
  • Graad 4 & 5 SKI-Klas (Sentrum vir Kurrikulum Integrasie)
  • Graad 4-7 ontvang akkommodasies soos per die Departement van Onderwys se voorskrifte.
  • Kweekhuis vir Graad 1 – 3 verleen ondersteuning met tydelike agterstande in konsepte.
  • Tegnologie: Purple mash gebruik vir ondersteuning.

AKADEMIESE

Kernpunte

  • Kurrikulum en Assessering
  • Beleidsverklaring (KABV) (soos voorgeskryf deur die GDO)
  • Deelname aan akademiese kompetisies
  • Engels op Huistaalvlak (Gr. 4 – 7)
  • Rekenaargeletterdheid (Gr. R – 7)
  • Liggaamlike ontwikkeling (die KDA-program)
  • Hulpverleningsentrums (Tale en Wiskunde)
  • Gr. 7 Entrepreneursdag
  • Onderwysers ontvang deurlopende Keller opleiding.

AKADEMIESE

Tegnologie & Media

Rekenaarsentrum

Laerskool Louw Geldenhuys het ‘n volledig-toegeruste rekenaarsentrum wat gedurende gewone skoolure deur die leerders benut word vir Kodering en Robotika-klasse. Die koste is by die skoolfonds ingesluit.

Robotika

Robotika stel kinders in staat om “STEM”-konsepte in ‘n praktiese omgewing te leer. “STEM” Robotika behels ingenieurswese, en rekenaarwetenskap geïnkorporeer met ontwerp, konstruksie, bedryf, toepassing en rekenaarstelsels om te produseer wat ons robotte noem.

Leerlinge leer hoe om hul eie robotte te programmeer, ontwerp en maak. Robotika bied ‘n opvoedkundige hulpmiddel vir kinders om buite die boks te dink. Baie keer het kinders idees van wat hulle droom om te skep.

Mediasentrum

Die Louwtjie Mediasentrum is ’n nuwe bioom wat tot uitvoering gekom het. Dit is ‘n akademiese spasie waar ons leerders nie net die gevoel van ’n biblioteek beleef nie, maar ook ’n moderne ruimte waar leerders in klasverband, woord- en taalspeletjies kan speel. Dit is ook gemaklik ingerig vir lees periodes.

AKADEMIESE

Leerondersteuning

Gr.4 & 5 SKI-Klas

Ons verstaan dat elke kind uniek is en hul eie manier van leer het. Daarom het ons met trots ons SKI-Klas vir Graad 4 & 5 bekendgestel – ‘n ondersteunende leeromgewing vir leerders met ‘n bogemiddelde IK, maar wat sensoriese- en leerhindernisse ervaar.

By die SKI-Klas help ons leerders om uitdagings te oorkom en suksesvol aan die skoolkurrikulum deel te neem – alles binne ‘n omgewing waar hulle veilig, verstaan en aangemoedig voel.
Gesels met ons oor hoe ons jou kind se leerreis kan ondersteun!

Wiskunde Den

Wiskunde Den is ‘n waardevolle geleentheid vir ons leerders om hul wiskundige vaardighede verder te ontwikkel in ‘n ondersteunende en gestruktureerde omgewing. Hierdie ekstra wiskundeklasse word in die middae vanaf 14:00 tot 16:00 by die skool aangebied en bied gerigte hulp vir leerders wat ekstra ondersteuning benodig, asook geleenthede vir dié wat hul wiskundige vermoëns verder wil uitbrei.

Met ‘n fokus op probleemoplossing, begrip en selfvertroue in wiskunde, help Wiskunde Den leerders om akademies te groei en ‘n liefde vir getalle te kweek. Hierdie ekstra klasse is ‘n uitstekende manier om ‘n stewige grondslag vir toekomstige sukses in wiskunde te lê!

Link-Lab

Leesvaardighede vorm die kern van leervaardighede – ‘n kind moet kan lees om te kan leer. Ons wil kinders graag toerus met die tegnieke en vaardighede om die wêreld van kennis met gemak te kan betree. Goeie leesvaardighede is ondersteunend tot ‘n kind se skolastiese vaardighede in alle vakke en kan bydra tot positiewe selfvertroue.

Gr.1 – Gr.7 leerders se program is deurlopend in die jaar en behels die ontwikkeling van leestegnieke – toegepas op gestandaardiseerde leesstukke en begripstoetse vir elke graad. Die program behels verskeie funksies wat fokus op die verbetering van Afrikaans en Engels in leesbegrip; verhoogde leesspoed wat werkstempo in die klas kan ondersteun; spelreëls en verskeie taalreëls. Die program kan dus aangepas word by elke leerder se spesifieke behoefte. Die program sluit ook die aanbieding van Mind Moves® in; asook visuele en ouditiewe geheue-oefeninge.

Kweekhuis

Die Kweekhuis is ‘n spesiale ondersteuningseenheid wat fokus op die ontwikkeling van grondslagfaseleerders wat baat kan vind by ekstra akademiese ondersteuning. Hierdie program is ontwerp om kinders in Graad R tot Graad 3 te help om hul vaardighede in ’n gestruktureerde, kleinklasomgewing verder te ontwikkel. Leerders word geïdentifiseer deur hul klasonderwyser, die Kweekhuis-onderwyser en, indien nodig, terapeute. Die doel is om ‘n brug te bou tussen die kind se huidige vermoëns en die vereistes van die kurrikulum, sodat elke leerder die selfvertroue en ondersteuning het om op hul eie pas te groei. Gereelde terugvoering word aan klasonderwysers gegee, wat dit weer gebruik in hul beplanning en kommunikasie met ouers. Die Kweekhuis is ’n waardevolle deel van die skool se holistiese benadering tot leerderontwikkeling.

Akkommodasie

Akkommodasies is die spesiale toegewing wat die Onderwysdepartement toestaan aan leerders met spesifieke uitdagings tot assessering (kwartaaltoetse en eksamens) om ‘n ware weergawe van hul kennis weer te gee. Hierdie uitdagings moet ‘n werklike negatiewe impak op die leerder se vermoë hê om kennis weer te gee en nie net om akademiese resultate te verhoog nie.

Algemene voorbeelde van akkommodasie sluit onder andere in, ekstra tyd, ‘n leser en/of ‘n skrywer. Ons skool se SGOS span onder leiding van Tina Calitz tina@llg.co.za kan u meer inligting verskaf.