Ons gesels met Erika Basson oor sosiale media risiko’s ‘n kort inleiding in afwagting tot die komende praatjie deur Emma Sadleir Berkowitz op 3 Junie 2024. Ouers is nie altyd bewus waarmee hulle kinders besig is aanlyn of waaraan hulle blootgestel word nie. In die verlede was dit tieners en ouer kinders wat geteiken was maar deesdae is dit laerskoolkinders wat in die slaggate trap. Emma se praatjie gaan baie uitbrei oor die nuutste toepassings en die risiko’s daarvan om beter bewustheid by die ouers te skep.