
ONS TROTS, ONS KLUB
Want ek is ‘n Louwtjie
“Want ek is ’n Louwtjie” is meer as net ’n naam – dit is ’n hartklop, ’n herinnering en ’n belofte. Dit is die klank van kinders se lag in die gange, die gees van gemeenskap op die pawiljoen, en die warm herinnering van ’n skool wat vir altyd deel van jou bly.
Hierdie ondersteunersklub is gebore uit die ikoniese liedjie wat die geliefde sanger, Jak de Priester, spesiaal vir Laerskool Louw Geldenhuys geskryf het tydens ons 120-jaar vieringe. Die lirieke vang alles vas waarvoor ’n Louwtjie staan: trots, liefde, kameraadskap en karakter.
“Want ek is ’n Louwtjie” is vir ouers, grootouers, oud-Louwtjies, en enige iemand in ons gemeenskap wat ons kinders en skool op die hande dra. Hierdie klub gee jou die geleentheid om deel te bly van die Louwtjie-storie – om betrokke te wees, te ondersteun en saam te droom.
Hier leer ons kinders nie net lees en skryf nie, maar ook om op te kyk – na mekaar, na hul drome, en na die liefde van Bo. Elke Louwtjie los spore, en met hierdie klub stap ons saam – generasies lank.
Sluit aan. Wees trots. Sing saam.
Want jy’s ’n Louwtjie.
Want ek is ‘n Louwtjie
JAK DE PRIESTER
Vroeg elke oggend, groet ek my ma.
Kaalvoet geklee, daar is niks wat my pla (nie)
Vriende se stemme wat my hart kan verstaan
Hoor ek in die gange, in die stad se lawaai!
Maar hiér vind ek vrede, hiér vind ek troos
Hiér vind ek alles, selfs ‘n Valentynsroos.
Hiér leer ek liefhê – hiér leer ek glo . . .
Hier leer ek opkyk na die liefde van Bo!
KOOR
Want ek’s ‘n Louwtjie, trots sing ek saam
Ek’s ‘n Louwtjie, hoog sal ek staan
Ek’s ‘n Louwtjie, hard sal ek speel . . . net vir jou.
Want ek’s ‘n Louwtjie, trots sing ek saam
Ek’s ‘n Louwtjie, hoog sal ek staan
Ek’s ‘n Louwtjie, hard sal ek speel . . . net vir jou.
Eendag as ek groot is, sal ek onthou,
My dae as ‘n Louwtjie, karakter gebou.
Kennis oor die lewe, kennis oor ons land
op die sportveld geval, in die moeilikheid beland.
Maar hiér vind ek alles, hier vind ek jou
Hiér vind ek kennis in die hemel se blou.
Hiér los ek spore en as ek sou val
Sal ek weer opstaan en verder aangaan!
KOOR
WANT EK IS ‘N LOUWTJIE
Handelsware
Volwassenes
Hoodie
Swart

T-Hemp 1
CHARCOAL

T-Hemp 2
GRYS, WIT & MAROEN

Keps
Swart

Kleuters
Mini T-Hemp 1
MAROEN & GEEL

Mini T-Hemp 2
GEEL, WIT & MAROEN

Mini T-Hemp 3
GRYS, WIT & MAROEN




