Vakansieskool

Vakansieskool by die Naskoolsentrum

Die vakansieskool is die ideale oplossing vir ouers wat op soek is na ‘n veilige, gestruktureerde en prettige omgewing vir hul kinders tydens die Maart/April-, Junie/Julie- en September/Oktober-skoolvakansies. Elke dag word daar doelgerigte aktiwiteite beplan wat leerders nie net besig hou nie, maar ook hul kreatiwiteit, sosiale vaardighede en algemene ontwikkeling bevorder.

Leerders kry ook genoegsame tyd om te speel, fiets te ry en saam met hul maats te ontspan, wat ‘n goeie balans skep tussen leer en lekkerkry.

Kostes vir Vakansieskool:

  • Naskool-geregistreerde leerders: R250 eenmalige fooi

  • 2–5 dae: R200 per dag

  • 6–10 dae: R190 per dag

  • 11–15 dae: R170 per dag

Vakansieskool is ‘n betroubare en geliefde keuse onder ons ouers en kinders – ‘n plek waar herinneringe gemaak word, en leerders steeds groei, speel en leer, selfs buite die gewone skooltermyn.