ONTMOET

Jou Juffrou

Stephanie Liebenberg

GRAADHOOF
Graad R|2

e: stephanie@llg.co.za

Elzanri Botha

Graad R|1

e: elzanri@llg.co.za

Megan Diffenthal

Graad R|3

e: megan@llg.co.za

Emelia Langedyk

Graad R|4

e: emelia@llg.co.za

Graad R Akademie

Ontwikkelling

Ons volg ‘n perseptuele program dwarsdeur die jaar. Leerders oefen links en regs asook ruimtelike oriëntasie deur spel. Hulle speel in die sand, met klei en bou patrone met pennetjieborde om hulle fyn motoriese vaardighede te ontwikkel. Ons bak-en-brou gereeld en ontwikkel ons sintuie en kreatiwiteit.

Leerders leer die klanke aan deur gediggies en stories. Luisteroefeninge word met die leerders gedoen sodat ons die leerders se luistervaardighede kan oefen. Ons bou legkaart, skep patrone, oefen getalbegrip en wiskunde begrippe word aangeleer. Als word speel-speel geoefen en aangeleer. Leerders se groot motoriese vaardighede word geoefen deur fiets te ry, klim-en-klouter, springtou en lekker buitespel.

Die leerders leer wiskundige konsepte aan deur vorms, soos bv. sirkels, reghoeke, ens. met blokkies te bou. Ons leer meer van verskillende temas deur instappies en uitstappies vir die leerders te reël. Experi-maats kom bied ‘n baie oulike instappie waar leerders leer deur eksperimente te doen.

Graad R Inligting

Inligting

  • Ons Graad R maats gaan skool vanaf 07:40 – 13:00, dra informele drag en kom kaalvoet skool toe.
  • Daar is naskool 15:00 – 17:00. Klik om die vorm af te laai.
  • Vir meer inligiting oor Louwtjies se skoolfonds klik op die volgende skakel. Inligting kan hier afgelaai word.
  • Hiermee die bank besonderhede en verwysing vir die Graad R deposito:

    Bank: ABSA Bank Beperk
    Lopende Rekening
    Takkode: 632005
    Rekeninghouer: Laerskool Louw Geldenhuys
    Rekeningnommer: 01004721680
    Rekeningtipe: Tjek
    Verwysing: Kind se naam en van 2026