WELKOM BY

Laerskool Louw Geldenhuys

Afrikaanse laerskool in Linden, Johannesburg

meer inligting oor die Graad 1
inskrywingsproses klik hier

Ons bewerkstellig ‘n fondasie van liefde en respek.

Kinders met Entoesiasme
Onderwysers met Passie
Ouers met Betrokkenheid

Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n trotse waarde-gebaseerde Afrikaanse skool in Linden, Johannesburg wat streef om die beste vir ons skoliere te bied. By Louwtjies bied ons alle kinders die geleentheid om al hulle verwagtings te verwesenlik. Ons het ‘n holistiese benadering tot onderwys met die bevordering van akademie, kultuur, sport, en sosiale aktiwiteite. Elke familie word deel van die ryk Louwtjie geskiedenis en tradisies van hierdie uitmuntende skool gevestig in 1902. Vir meer oor Louwrens Geldenhuys, na wie die skool vernoem is, klik hier .

Ons is ‘n skool wat betrokkenheid van die gemeenskap aanmoedig omdat dit n omgewing van verbondenheid, ondersteuning en samewerking skep. Louwtjies groei, floreer en dra vrug in ’n gelukkige skool binne ‘n gevestigde gemeenskap.

Laerskool Louw Geldenhuys is ’n skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, passie en ’n positiewe ingesteldheid, ’n skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet.

Ons glo dat ‘n sterk emosionele fondasie essensieel is vir die suksesvolle opvoeding van ons kinders. Leerders word deur die inbeelding van waardes, toegerus om hul volle potensiaal te bereik en lewenslange vaardighede te ontwikkel. Ons bevorder jou kind se welstand, terwyl ons ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing skep vir hulle om te groei.

Alle skoliere word uitgenooi om deel te neem aan hierdie opwindende sosiale reis, waar ons vriendskappe smee, tradisies vier en onvergeetlike oomblikke deel.

groei . floreer . dra vrug

Die Sentrum vir Kurrikulum Integrasie (SKI) word daargestel vir leerders met akademiese potensiaal wat steeds kan baat vind in die akademiese hoofstroom. Lees meer of doen aansoek vir die klas.

Getuigskrifte

Louwtjies webjoernale

  • Nuus

    ’n Nuwe Era van Sportontwikkeling met MoVee Performance

    September 10, 2026

  • Skoolkoerant

    Die Louwtjie – Mei 2026 – Uitgawe 9

    May 6, 2026

  • Skoolkoerant

    Die Louwtjie – November 2025 – Uitgawe 8

    November 12, 2025

  • Nuus

    ‘n Vennootskap wat Groei

    September 27, 2025

2027 INSKRYWINGS OOP

Graad R

Laai die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za. Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies!

2027 INSKRYWINGS OOP

Graad 1

Laai die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za. Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies!

BENODIG JY

meer Inligting?