Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n trotse waarde-gebaseerde Afrikaanse skool in Linden, Johannesburg wat streef om die beste vir ons skoliere te bied. By Louwtjies bied ons alle kinders die geleentheid om hulle verwagtings te verwesenlik. Ons kinders is deel van die Louwtjie tradisie, gebou en tradisies gevestig oor meer as ‘n eeu.
Ons is ‘n skool wat betrokkenheid van die gemeenskap aanmoedig. Ons bied vir huidige en toekomstige kinders ‘n gelukkige skool binne ‘n gevestigde gemeenskap.
Laerskool Louw Geldenhuys is ʼn skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, entoesiasme en ʼn positiewe ingesteldheid, ʼn skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet.
Louwtjies se trotse 120 Jaar geskiedenis en tradisies help ons om rigting te gee vir die toekoms, waar dit krities is om na die welstand van ons kinders om te sien. Dit is belangrik om voortdurend daaraan te werk om op laerskoolvlak ‘relevant’ te bly in die tyd waarin ons huidiglik leef.
Ons bewerkstellig ‘n fondasie van liefde en respek.
Kinders met Entoesiasme
Onderwysers met Passie
Ouers met Betrokkenheid

