Kom kuier by ons Kuierdag op 12 November 2024. Julle en die maats wat reeds ingeskryf het sal julle juffrouens en maats kan ontmoet en ons het ook ‘n inligtingsessie vir die ouers in die saal. As die jongspan vooraf kom kuier is daar baie minder trane op die eerste dag van skool want dan is alles nie so vreemd nie. Voltooi asb. die bywoningsopname deur op die skakel te klik as julle ons heerlike kuier oggend wil bywoon.

WELKOM BY

Louwtjies

meer inligting oor die Graad 1
inskrywingsproses klik hier

‘n Trotse, waarde-gebaseerde Afrikaanse skool

Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n trotse waarde-gebaseerde Afrikaanse skool in Linden, Johannesburg wat streef om die beste vir ons skoliere te bied. By Louwtjies bied ons alle kinders die geleentheid om al hulle verwagtings te verwesenlik. Ons het ‘n holistiese benadering tot onderwys met die bevordering van akademie, kultuur, sport, en sosiale aktiwiteite. Elke familie word deel van die ryk Louwtjie geskiedenis en tradisies van hierdie uitmuntende skool gevestig in 1902. Vir meer oor Louwrens Geldenhuys, na wie die skool vernoem is, klik hier .

Ons is ‘n skool wat betrokkenheid van die gemeenskap aanmoedig omdat dit n omgewing van verbondenheid, ondersteuning en samewerking skep. Louwtjies groei, floreer en dra vrug in ’n gelukkige skool binne ‘n gevestigde gemeenskap.

Laerskool Louw Geldenhuys is ’n skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, passie en ’n positiewe ingesteldheid, ’n skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet.

Ons glo dat ‘n sterk emosionele fondasie essensieel is vir die suksesvolle opvoeding van ons kinders. Leerders word deur die inbeelding van waardes, toegerus om hul volle potensiaal te bereik en lewenslange vaardighede te ontwikkel. Ons bevorder jou kind se welstand, terwyl ons ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing skep vir hulle om te groei.

Alle skoliere word uitgenooi om deel te neem aan hierdie opwindende sosiale reis, waar ons vriendskappe smee, tradisies vier en onvergeetlike oomblikke deel.

Ons bewerkstellig ‘n fondasie van liefde en respek.

Kinders met Entoesiasme
Onderwysers met Passie
Ouers met Betrokkenheid

Louwtjies webjoernale

  • Louwtjie Wenke

    Reeks 1: Sal my nie-Afrikaanssprekende kind by Louwtjies kan skoolgaan? Uitdagings? Louwtjies maak saam met ouers planne!

    Junie 17, 2023

  • Louwtjie Wenke

    Reeks 1: Sal my nie-Afrikaanssprekende kind by Louwtjies kan skoolgaan? Een, twee, drie tale – ʼn geskenk!

    Mei 20, 2023

  • Louwtjie Wenke

    Reeks 1: Sal my nie-Afrikaanssprekende kind by Louwtjies kan skoolgaan? Hoe gouer hoe beter!

    Mei 5, 2023

  • Skoolkoerant

    Die Louwtjie – April 2023 – Uitgawe 1

    April 25, 2023

2025 INSKRYWINGS NOU OOP

Graad R & 1

Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies! Laai die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za.

2025 INSKRYWINGS NOU OOP

Graad R & 1

Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies! Laai gerus die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za.

BENODIG JY

meer Inligting?