Die Sentrum vir Kurrikulum Integrasie (SKI) word daargestel vir leerders met akademiese potensiaal wat steeds kan baat vind in die akademiese hoofstroom. Lees meer of doen aansoek vir die klas.

WELKOM BY

Louwtjies

meer inligting oor die Graad 1
inskrywingsproses klik hier

‘n Trotse, waarde-gebaseerde Afrikaanse skool

Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n trotse waarde-gebaseerde Afrikaanse skool in Linden, Johannesburg wat streef om die beste vir ons skoliere te bied. By Louwtjies bied ons alle kinders die geleentheid om al hulle verwagtings te verwesenlik. Ons het ‘n holistiese benadering tot onderwys met die bevordering van akademie, kultuur, sport, en sosiale aktiwiteite. Elke familie word deel van die ryk Louwtjie geskiedenis en tradisies van hierdie uitmuntende skool gevestig in 1902. Vir meer oor Louwrens Geldenhuys, na wie die skool vernoem is, klik hier .

Ons is ‘n skool wat betrokkenheid van die gemeenskap aanmoedig omdat dit n omgewing van verbondenheid, ondersteuning en samewerking skep. Louwtjies groei, floreer en dra vrug in ’n gelukkige skool binne ‘n gevestigde gemeenskap.

Laerskool Louw Geldenhuys is ’n skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, passie en ’n positiewe ingesteldheid, ’n skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet.

Ons glo dat ‘n sterk emosionele fondasie essensieel is vir die suksesvolle opvoeding van ons kinders. Leerders word deur die inbeelding van waardes, toegerus om hul volle potensiaal te bereik en lewenslange vaardighede te ontwikkel. Ons bevorder jou kind se welstand, terwyl ons ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing skep vir hulle om te groei.

Alle skoliere word uitgenooi om deel te neem aan hierdie opwindende sosiale reis, waar ons vriendskappe smee, tradisies vier en onvergeetlike oomblikke deel.

Ons bewerkstellig ‘n fondasie van liefde en respek.

Kinders met Entoesiasme
Onderwysers met Passie
Ouers met Betrokkenheid

GETUIGSKRIFTE

Geagte Mnr. Bensch,

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my opregte waardering te betuig vir die wonderlike ondersteuning wat die onderwysers aan Alexander gee. Soos jy weet, het hy disleksie, en ek besef dat dit nie altyd maklik is nie, maar ek is so dankbaar vir die geduld, begrip en harde werk wat elke onderwyser aan hom gee.

Dit is duidelik dat elke onderwyser werklik omgee vir sy welstand en leerproses. Ek sien hoe hulle hom nie net akademies ondersteun nie, maar ook emosioneel help om sy selfvertroue te bou. Dit maak ‘n ongelooflike verskil, en ek waardeer die ekstra moeite wat hulle elke dag doen.

Ek is ook dankbaar vir die manier waarop die skool ‘n omgewing skep waar Alexander homself kan wees en sy potensiaal kan bereik, sonder die vrees van verwerping of frustrasie. Die akkommodasie wat aan hom gegee word, is van groot waarde, en dit is duidelik dat julle span alles moontlik doen om hom te ondersteun.

Baie dankie vir alles wat julle doen – dit word opreg waardeer. Ek voel gelukkig om deel te wees van so ‘n betrokke en sorgsame gemeenskap.

Met vriendelike groete,

Cherisse Coetzee

Toe ons ons seun na die SKI-klas geskuif het, het ons nie presies geweet wat om te verwag nie. Hy het gesukkel om te sosialiseer en om te konsentreer. Met hierdie ongelooflike inisiatief en die wonderlike onderwyser het sy selfvertroue baie verbeter, en hy neem nou deel aan aktiwiteite waaraan hy voorheen nooit wou deelneem nie – soos sport.

Callum se frustrasies en bekommernisse oor skool het afgeneem as gevolg van die liefde en omgee wat hy van sy onderwyser en die personeel ontvang. Hy is nou mal daaroor om skool toe te gaan, en dit maak dit soveel makliker om hom te help aanpas by sy omgewing.

Hierdie klas is werklik ‘n vars asem in vergelyking met die “gewone skool”-atmosfeer, wat nie altyd begrip toon vir kinders wat sukkel nie. Baie dankie, Mnr. Bensch, vir hierdie ongelooflike klas en al die harde werk wat u insit om ons kinders vir die toekoms voor te berei.

Monique Geel, Gr. 4 Ouer

Elke kind is uniek, begaafd en volmaak geskape. Hul gawes, daardie spesiale pakkies wat aan elkeen van ons toevertrou is, word net op verskillende tye en op verskillende maniere oopgemaak.

Sommige van hierdie gawes is onkonvensioneel. Ongelukkig het somige sisteme, soos ons onderwysstelsel, nie altyd die kapasiteit of buigsaamheid om met “anders” te werk nie. En dan, vir die kind om te oorleef, bly net drie keuses oor: inpas, aanpas of uitskuif.

Maar soms is dit nie die kind wat moet verander nie maar die sisteem wat moet buig. Soms moet die omgewing leer om ruimte te skep, sodat potensiaal nie onderdruk word nie, maar ontsluit en ontgin kan word.

Ons is diep dankbaar vir die baanbrekergees van Louwtjies. Vir hul moed om buite die boks te dink. Vir hul bereidwilligheid om kinders wat anders dink, doen, voel en reguleer, ’n werklike kans te gee sonder oordeel. Om skool te geniet, hulself te wees en hul uniekheid met trots uit te leef.Kinders met “Ferrari-breintjies met fietsbrieke’”, propvol idees, insig en kreatiwiteit , kry by Louwtjies die ruimte om hul briljante denke te ontgin. En dit verander lewens.

Ruth Geyer, Gr. 4 Ouer

Louwtjies webjoernale

  • Denkleierskap

    Wat drink ek werklik?

    Februarie 13, 2023

  • Nuus

    Preprimêr kry ‘n Nuwe Huis

    Oktober 19, 2022

  • Nuus

    120 Jaar Feesvieringe

    September 26, 2022

2025 INSKRYWINGS NOU OOP

Graad R & 1

Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies! Laai die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za.

2025 INSKRYWINGS NOU OOP

Graad R & 1

Maak gerus ‘n afspraak met ons hoof Mnr. Martin Bensch en kom kuier by Louwtjies! Laai gerus die inskrywingsvorm af, voltooi en stuur aan pos@llg.co.za.

BENODIG JY

meer Inligting?