Wat drink ek werklik?
Jy stap vinnig by die naaste winkel in, vroeg oggend voor skool, en selfs soms na skool weer. Jy is op soek na iets lekkers om te drink, maar darem ook iets wat jou so bietjie kan “boost” vir die dag!
Dit is daarom maklik, vir meer as 60% van tieners, om ‘n energie drankie te kies. Die “boost” is mos daar, in die naam!
Meeste energie drankies bevat merkbare hoeveelhede van die volgende: kaffeïen, Taurien (‘n aminosuur) en suiker. Die suiker-vrye weergawe word meestal kunsmatig versoet met nog ‘n aminosuur (phenylalanine) of soms fruktose. Maar fruktose is darem eintlik gesond, want dit kom dan van vrugte af…
Kom ons kyk na elke bestanddeel afsonderlik.
Kaffeïen
Kaffeïen word selde alleen gebruik en word gekombineer met ander bestanddele soos ginseng of ginko biloba (soms is hierdie inligting nie maklik bekombaar nie, en die verskaffers is traag om die inligting te deel).
Die kaffeïen inhoud van verskillende energie drankies wissel tussen 75mg-240mg/blikkie. ‘n Koppie koffie bevat tussen 45mg-75mg kaffeïen.
Die wêreld gesondheids organisasie beveel aan dat kinders onder die ouderdom van 12 jaar glad nie kafeïen moet gebruik nie en dat daaglikse inname vir tieners en volwassenes nie 400mg kaffeïen moet oorskrei nie.
Daar is beslis navorsing wat wys dat kaffeïen ‘n positiewe invloed het op sportprestasie (in lae dosisse soos 3mg/kg).
Word hierdie bestanddele noodwendig in matige hoeveelhede ingeneem in energie drankies? En, is almal wat energie drankies gebruik, top sport spelers? Beslis nie!
Die newe effekte van hoë dosisse kaffeïen is onder andere ‘n styging in bloeddruk, versnelde hart tempo en self lang-termyn veranderinge aan die struktuur van die kardiovaskulêre stelsel (are en hart). Dit beïnvloed ook die sentrale senuwee stelsel (wat “mood disorders” soos angs en depressie kan vererger) en het ‘n negatiewe effek op slaap patrone.
Taurine
Taurine word natuurlik deur die menslike liggaam gemaak en word ook gevind in kosse soos vleis en vis. Daaglikse inname van Taurine is belangrik en die hoeveelheid wat benodig word wissel van 40mg-400mg. Sommige energie drankies bevat soveel as 1000-2000mg Taurine per blikkie!
Taurine het ook ‘n direkte uitwerking op die sentrale senuwee stelsel en navorsing het nog nie bewys dat dit enigsins ‘n voordeel in hou in sport prestasie nie.
Verhoogde Taurine vlakke kan ook “mood disorders” vererger.
Suiker
Alhoewel suiker nodig is vir genoeg energie, is ‘n oormaat suiker nooit ‘n goeie idee nie. Die grootste nadeel van ‘n gereelde, hoë suiker inname, is die toename in gewig. Dit het dan metaboliese sindroom, versteurde insulien vlakke, diabetes, en oormaat inflammasie tot gevolg!
Die suiker inhoud van gewone energie drankies wissel tussen 25-60g/blikkie. Vergelyk dit met ‘n snytjie brood, wat slegs 15g suiker bevat…
Indien jy die suiker-vrye opsie verkies, onthou net dat die aminosure waarmee dit versoet word, of die fruktose (vrugte suiker) nie noodwendig in lae hoeveelhede gebruik word nie, en dit kan ook newe-effekte tot gevolg hê.
Daar is duidelik iets om oor na te dink, voor jy die volgende energie drankie van die rak af haal. Oorweeg dalk om minder van die soort drankies te gebruik, of wees braaf en probeer om water te drink!
Leave A Comment