LAERSKOOL LOUW GELDENHUYS

Naskoolsentrum

Naskoolsentrum vir Gr. R tot Gr. 7

Die Naskoolsentrum by Laerskool Louw Geldenhuys in Linden is oop Maandag tot Vrydag van 14:00 tot 17:00 vir leerders van Gr. R tot Gr. 7. In 2026 betaal geregistreerde leerders ‘n vaste R1 170 per maand (Januarie tot November), ongeag hoeveel dae hulle bywoon. Leerders wat nie geregistreer is nie, betaal R130 per dag.

Belangrik: Alle leerders wat om 15:00 nie by ‘n formele buitemuurse aktiwiteit betrokke is nie, word na die Naskoolsentrum geneem. U skoolfondsrekening word dan met R130 vir die middag gehef, al is u kind nie by die naskool ingeskryf nie.

Tariewe 2026

  • Geregistreerde leerder (Gr. R–7): R1 170 per maand, vooruitbetaalbaar, Januarie tot November
  • Nie geregistreer nie: R130 per dag
  • Laat afhaal na 17:15: R30 vir elke 15 minute
  • Registrasie: gratis

Alle fooie word op u kind se skoolfondsrekening gehef en aan Laerskool Louw Geldenhuys betaal. Grasie word tot die sewende van die maand toegestaan. Vir dagbetalers is die datum op die rekening die heffingsdatum, nie die bywoningsdatum nie; rig navrae binne 30 dae. Gee een maand vooraf skriftelik kennis as u kind nie meer die naskool sal bywoon nie.

Gratis toesig

  • Oggende: 06:30 tot 07:00 by die hoofhek.
  • Wagklas (Gr. R–3): Maandag tot Donderdag 13:00–14:00, Vrydag 13:00–13:30. Leerders speel onder toesig van hul graadonderwysers voor hul klasse.
  • Wagarea (Gr. 1–7): Maandag tot Vrydag 14:00–15:00 onder die afdak by die hoofhek. Daar is geen toesig nie; leerders wag op eie risiko. Dit word nie vir Gr. R en Gr. 1 aanbeveel nie. Leerders wat om 15:00 nog wag, gaan na die Naskoolsentrum en word vir die middag gehef.

Daar is geen naskool of toesig op openbare vakansiedae of op die dag wat die skool vir die vakansie sluit nie.

Daaglikse program

Gr. R

  • 14:00–15:00: speel onder toesig op die Grondslagfase-speelgrond
  • 15:00: toebroodjie en koeldrank
  • 15:00–15:30: aktiwiteit
  • 15:30–17:00: vryspel

Gr. 1–3

  • 14:00–15:00: speel onder toesig op die Grondslagfase-speelgrond
  • 15:00: toebroodjie en koeldrank
  • 15:00–15:30: huiswerk in K30, K31 en K32
  • 15:30–17:00: vryspel

Gr. 4–7

  • Maandag tot Donderdag 14:00–15:00: sosiale tyd op die Grondslagfase-speelgrond
  • 15:00: toebroodjie en koeldrank
  • 15:00–16:00: huiswerk onder toesig in K33 en K34
  • 16:00–17:00: vrye tyd
  • Vrydae gaan Gr. 4–7 om 13:30 na die Grondslagfase-speelgrond. Die register word stiptelik om 14:00 geneem.

Tydens eksamens word die program vir Gr. 4–7 aangepas sodat hulle genoeg tyd het om te leer. Om 17:00 word alle leerders na die hoofhek geneem.

Huiswerk

Die Naskoolsentrum is nie ‘n huiswerksentrum wat werk nasien nie. Die onderwysers op diens hou toesig, help, en sien toe dat huiswerk gedoen word.

  • Gr. 1–3 het ‘n huiswerksakkie en Gr. 4–7 ‘n dagboek waarin die dag se huiswerk staan.
  • As die onderwyser op diens die boek geteken het, is die huiswerk klaar. As dit nie geteken is nie, moet dit tuis klaargemaak of nagegaan word.
  • Die klasonderwyser kontroleer die volgende dag of die huiswerk korrek is. Ouers van Gr. 4–7 moet steeds tuis studie en huiswerk nagaan.

Afhaal

  • Gebruik die hoofhek in 7de Straat (oop van 13:00 tot 17:15) en teken u kind in die uittekenregister uit.
  • Voor 17:00 haal u Gr. R–3 by K30, K31 en K32 af, en Gr. 4–7 by K33 en K34. Kinders mag nie by die hekke wag nie.
  • As iemand anders u kind kom haal, laat weet die registeronderwyser per e-pos. Daardie persoon moet die kind persoonlik in die naskoolklas uitteken.
  • Kinders wat om 17:00 nog nie afgehaal is nie, wag by die hoofhek in 7de Straat by die sekuriteitswag. Na 17:15 word R30 vir elke 15 minute gehef.

Afwesigheid

Die register word elke dag stiptelik om 14:00 geneem. As u kind nie die naskool gaan bywoon nie, stuur ‘n e-pos aan die registeronderwyser. As u kind afgemerk is, betaal u vir die middag.

Kos en klere

  • Ons gee elke leerder om 15:00 ‘n toebroodjie en koeldrank. Stuur gerus ‘n ekstra kospakkie saam.
  • Gewone klere word aanbeveel om skoolklere te spaar. Stuur ‘n sportsak vir die skoolklere, en merk alle klere.

Ander aktiwiteite

Met ouers se toestemming kan leerders ook Die Habitat, die Kweekhuis, Kunsklas, Wiskundelab en Leeslab bywoon, op eie risiko. Laat weet die registeronderwyser per e-pos aan watter aktiwiteite u kind deelneem.

Vakansieskool

Vakansieskool is oop tydens die April-, Julie- en Oktobervakansie van 07:30 tot 17:00 (nie in Desember nie).

  • Geregistreerde naskoolleerders: R260 per vakansie, vir soveel dae as wat u kind bywoon
  • Nie geregistreer nie, enkele dag: R225 per dag
  • Pakket van 5 dae: R204 per dag
  • Pakket van 10 dae: R193 per dag
  • Pakket van 15 dae: R174 per dag

Registreer en navrae

Voltooi die registrasievorm; registrasie is gratis. Navrae: me. Carla Passmore, carlap@llg.co.za, 011 782 5442.

Aftercare in English

The aftercare centre at Laerskool Louw Geldenhuys is open Monday to Friday from 14:00 to 17:00 for learners in Grade R to Grade 7. In 2026 it costs R1 170 per month (January to November) for registered learners, or R130 per day for learners who aren’t registered. Registration is free. Free supervision is available from 06:30 to 07:00 in the mornings at the main gate. Learners get a sandwich and cold drink at 15:00, and Grades 1–7 do supervised homework. Any learner not in a formal extramural activity at 15:00 goes to aftercare and is charged for the afternoon. Late collection after 17:15 costs R30 per 15 minutes. Holiday school runs in the April, July and October holidays from 07:30 to 17:00. Enquiries: Carla Passmore, carlap@llg.co.za.