LAERSKOOL LOUW GELDENHUYS
Naskoolsentrum
Naskoolsentrum
Alle leerders wat by die Naskoolsentrum geregistreer is, se skoolfonds sal gehef word met R1170. Ouers of voogde gaan dus ‘n vaste bedrag per maand betaal, ongeag die aantal dae wat ‘n kind by die naskool teenwoordig is. Leerders wat nie geregistreer is nie, sal sonder uitsondering ‘n tarief van R130 per dag gehef word vir elke dag wat die leerder by die naskoolsentrum teenwoordig is.
Betaalde toesig
- Maandae tot Vrydae stiptelik vanaf 14:00 tot 17:00.
Gratis toesig
- Maandae tot Vrydae middae vanaf 13:00 tot 14:00.
- Oggende vanaf 06:30 tot 07:00 by die hoofhek.
- Daar sal geen naskooldiens of toesig wees gedurende openbare vakansiedae nie, asook nie op die dag wat die skool sluit nie. Alle leerders wat om 15:00 nie betrokke is by formele buitemuurse aktiwiteite nie, sal na die Naskoolsentrum gestuur word en ‘n rekening sal gehef word vir die betrokke dag of dae. Hierdie reëling geld ongeag of u kind by die naskool ingeskryf is of nie.







