Van oorleef… na floreer!

Wat as jou kind weer kan uitsien na skool?

2027 Gr. 4, 5 & 6
SKI-Klas Inligtingsaand

📅 Datum: 13 Augustus 2026
🕒 Tyd: 17:30 – 20:00
📍 Lokaal: SKI-Klas, Laerskool Louw Geldenhuys

Vul asb. die vorm hieronder in om jou plek te verseker!

Dankie dat jy jou plek vir die Inligtingsaand verseker! Dit help ons om vir almal wat kom kuier die nodige voorbereidings te tref. Die skool sal per e-pos met jou kommunikeer oor alle verdere inligting.

Kontak asb. vir Yolandie by bemarking@llg.co.za as jy
meer inligting benodig.

Die SKI-klas bewys dat Laerskool Louw Geldenhuys verstaan geen kind pas in ‘n boksie nie. Dit skep ‘n opwindende en empatiese leeromgewing, sonder om kinders te onderskat. Inteendeel, elke kind se unieke sterkpunte word in ag geneem.
Riëtte van der Wat, Gr. 4 Ouer

Toe ons ons seun na die SKI-klas geskuif het, het ons nie presies geweet wat om te verwag nie. Hy het gesukkel om te sosialiseer en om te konsentreer. Met hierdie ongelooflike inisiatief en die wonderlike onderwyser het sy selfvertroue baie verbeter, en hy neem nou deel aan aktiwiteite waaraan hy voorheen nooit wou deelneem nie – soos sport.

Callum se frustrasies en bekommernisse oor skool het afgeneem as gevolg van die liefde en omgee wat hy van sy onderwyser en die personeel ontvang. Hy is nou mal daaroor om skool toe te gaan, en dit maak dit soveel makliker om hom te help aanpas by sy omgewing.

Hierdie klas is werklik ‘n vars asem in vergelyking met die “gewone skool”-atmosfeer, wat nie altyd begrip toon vir kinders wat sukkel nie. Baie dankie, Mnr. Bensch, vir hierdie ongelooflike klas en al die harde werk wat u insit om ons kinders vir die toekoms voor te berei.

Monique Geel, Gr. 4 Ouer

Elke kind is uniek, begaafd en volmaak geskape. Hul gawes, daardie spesiale pakkies wat aan elkeen van ons toevertrou is, word net op verskillende tye en op verskillende maniere oopgemaak.

Sommige van hierdie gawes is onkonvensioneel. Ongelukkig het somige sisteme, soos ons onderwysstelsel, nie altyd die kapasiteit of buigsaamheid om met “anders” te werk nie. En dan, vir die kind om te oorleef, bly net drie keuses oor: inpas, aanpas of uitskuif.

Maar soms is dit nie die kind wat moet verander nie maar die sisteem wat moet buig. Soms moet die omgewing leer om ruimte te skep, sodat potensiaal nie onderdruk word nie, maar ontsluit en ontgin kan word.

Ons is diep dankbaar vir die baanbrekergees van Louwtjies. Vir hul moed om buite die boks te dink. Vir hul bereidwilligheid om kinders wat anders dink, doen, voel en reguleer, ’n werklike kans te gee sonder oordeel. Om skool te geniet, hulself te wees en hul uniekheid met trots uit te leef.Kinders met “Ferrari-breintjies met fietsbrieke’”, propvol idees, insig en kreatiwiteit , kry by Louwtjies die ruimte om hul briljante denke te ontgin. En dit verander lewens.

Ruth Geyer, Gr. 4 Ouer