Pennedas: No Limits

No Limits bestelproses

Louwtjies se sublimated sport-, KDA- en ondersteunersklere word deur No Limits verskaf en bestellings geskied slegs aanlyn via die volgende skakels:

Belangrike Kennisgewings
  • Daar is geen kredietkaartfasiliteit vir No Limits-bestellings by Pennedas beskikbaar nie.
  • Geen No Limits-bestellings of betalings kan in die winkel gedoen word nie.
  • Ouers is welkom om klere by Pennedas te kom aanpas voordat die bestelling aanlyn geplaas word.
  • Ons vra vriendelik dat bestellings vroegtydig geplaas word om onnodige druk en teleurstelling te voorkom.
Afhaal van No Limits-bestellings
  • Bestellings neem ongeveer 24–48 uur om gepak en gereed gemaak te word voordat dit by Pennedas afgehaal kan word.
  • Bestellings wat voor 14:00 geplaas word, sal gewoonlik die volgende middag gedurende winkelure gereed wees vir afhaal.
  • Bestellings wat op ’n Donderdagmiddag of oor ’n naweek geplaas word, sal eers Maandagmiddag gereed wees vir afhaal.

Ouers sal ’n kennisgewing ontvang sodra die bestelling by Pennedas beskikbaar is vir afhaal.

PENNEDAS WINKELURE

Normale Skooldae (Maandag tot Donderdag)

Oggend: 07:30 – 08:30
Middag: 13:00 – 14:00

Gedurende Eksamentye

Oggend: 07:30 – 08:30
Middag: 12:30 – 13:30

Vir enige navrae, kontak gerus vir Vickie by pennedas@llg.co.za