NUWE LOUWTJIES
Gr. R & Gr. 1
ONTMOET
Jou Juffrou
JUFFROU
Emelia Langedyk
GRAADHOOF
Graad RL
e: emelia@llg.co.za
JUFFROU
Stephanie Liebenberg
Graad RS
e: stephanie@llg.co.za
JUFFROU
Marzaan Daniëls
Graad RD
e: marzaan@llg.co.za
JUFFROU
Elzanri Botha
Graad RB
e: elzanri@llg.co.za
GRAAD R
Ontwikkelling
Ons volg ‘n perseptuele program dwarsdeur die jaar. Leerders oefen links en regs asook ruimtelike oriëntasie deur spel. Hulle speel in die sand, met klei en bou patrone met pennetjieborde om hulle fyn motoriese vaardighede te ontwikkel. Ons bak-en-brou gereeld en ontwikkel ons sintuie en kreatiwiteit.
Leerders leer die klanke aan deur gediggies en stories. Luisteroefeninge word met die leerders gedoen sodat ons die leerders se luistervaardighede kan oefen. Ons bou legkaart, skep patrone, oefen getalbegrip en wiskunde begrippe word aangeleer. Als word speel-speel geoefen en aangeleer. Leerders se groot motoriese vaardighede word geoefen deur fiets te ry, klim-en-klouter, springtou en lekker buitespel.
Die leerders leer wiskundige konsepte aan deur vorms, soos bv. sirkels, reghoeke, ens. met blokkies te bou. Ons leer meer van verskillende temas deur instappies en uitstappies vir die leerders te reël. Experi-maats kom bied ‘n baie oulike instappie waar leerders leer deur eksperimente te doen.
BYKOMENDE INLIGTING
Inligting
- Ons Graad R maats gaan skool vanaf 07:40 – 13:00, dra informele drag en kom kaalvoet skool toe.
- Daar is wagklas vanaf 13:00 – 15:00 en naskool 15:00 – 1 7:00. Klik om die vorm af te laai.
- Vir meer inligiting oor Louwtjies se skoolfonds klik op die volgende skakel. Inligting kan hier afgelaai word.
- Om jou kind in te skryf klik hier.