2024 Beplanning

Liewe Voornemende 2024 Graad 1 Louwtjie-Ouer

Ons wil u graag bedank vir die inskrywing wat ons ontvang het vir u Graad 1 kind op die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se aanlynsisteem.

VERIFIËRING

Ons bevestig hiermee dat u aanlynaansoek geverifieer is. Die GDO sal in September-maand ʼn aanbod vir ʼn skool aan u kommunikeer per SMS wat u dan moet aanvaar / al dan nie afhangende van watter skool u aangebied word in die SMS.

Indien u meer as een keuse skool gekies het op die GDO aanlynsisteem, mag dit dalk gebeur dat die aanbod wat u ontvang nie Laerskool Louw Geldenhuys (Louwtjies) is nie. Indien Louwtjies wel u eerste keuse is, moet u ons in kennis stel sodat ons dit by die Departement kan regstel. Kontak vir Luzanne van Heerden by klets@llg.co.za indien dit die geval is.

Indien Louwtjies u 2de of 3de keuse is, is u welkom om die skool te besoek vir ʼn afspraak met ons Hoof, mnr. Martin Bensch sodat u ons pragtige skool kan leer ken.

BEPLANNING VIR 2024

Ten einde ons beplanning vir 2024 te finaliseer, versoek ons dat u asseblief hier klik en bevestig of Louwtjies u eerste, tweede of derde keuse is.

Ons sien baie uit om u te verwelkom by die Louwtjie-familie!