Een van die belangrikste besluite vir enige ouer is die keuse van ‘n skool wat ‘n klomp vrae in ‘n ouer se gemoed laat:
- Sal hulle my kind met sensitiwiteit blootstel aan die wêreld daarbuite?
- Sal hulle sy potensiaal raaksien en sy vermoëns ten volle ontwikkel?
- Sal hulle hom saam met my as ouer toerus om eendag as positiewe, gebalanseerde en nuttige individu in die samelewing te kan funksioneer?
Laerskool Louw Geldenhuys bou voort op dit wat u kind reeds vanaf geboorte onder die koesterende leiding van u, sy ouers, ontvang en geleer het. Deur middel van die onderwysproses leer die kind homself ken en ontdek hy talente wat hy in diens van sy Skepper en sy medemens kan aanwend.
By Laerskool Louw Geldenhuys bied ons na die beste van ons vermoëns, u kind die geleentheid om sy en u verwagtings te verwesenlik.
Ons kinders is ons allerkosbaarste vreugde, deur God self aan ons toevertrou. Dit is vir ons ‘n voorreg om ons gemeenskap te dien met alles wat by Laerskool Louw Geldenhuys aangebied word.
Daarom is dit vir ons aangenaam om u en u kind hartlik welkom te heet by Laerskool Louw Geldenhuys.
AM Genis
Hoof
VisieKinders met entoesiasme. |
MissieLaerskool Louw Geldenhuys is ‘n skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, entoesiasme en ‘n positiewe ingesteldheid, ‘n skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet. |
